top of page

HUIS DISA IS 'N ACVV HUIS VIR BEJAARDES IN DIE WONDERLIKE TULBAGH VALLEI!

Die eerste inwoners het ingetrek op 18 Julie 1968.  Op daardie tydstip was daar inwoning vir 27 bejaardes in             2 dubbelkamers en 27 enkelkamers.  In die middel sewentigs is die siekeboeg opgerig met plek vir 15 verswakte bejaardes.  Tans is Huis Disa geregistreer om 42 bejaardes te huisves.

 

Op die perseel is daar 18 woonstelle (Meiring Woonstelle) wat deur bejaardes aangekoop word, maar wat die eiendom van Tulbagh ACVV Dienstak - Huis Disa bly.  Die leefreg duur vir solank die persoon/e daar kan of wil bly en 80% van die koopsom word terugbetaal wanneer die persoon/e die woonstel verlaat of die geld word in die boedel inbetaal na afsterwe.

 

Ons spesialiseer in die versorging van Bejaardes.  Huis Disa is geleë in Van Der Stelstraat, Tulbagh langs die NG Kerk.

 

Die erf is groot met 'n pragtige tuin in die gedeelte wat aansluit by die woonstelle met baie privaatheid.  Die hele erf is omhein met geelektrifiseerde drade bo-op.

 

Aangesien Huis Disa so naby aan die kerk geleë is, word die kerkdiens  op 'n Sondag elektronies vanaf die kerk op  Huis se Televisie uitgesaai.  Bidure vind elke Woensdag in die huis plaas.

 

Huis Disa is baie naby aan die Spar en ander winkels.  Hier is twee dokters, 'n Tandarts en 'n oogkundige op die dorp en die naaste hospitaal is in Ceres wat 30 km vanaf Tulbagh is.

  • w-facebook
  • w-googleplus
bottom of page